Aitsa!-koor onderleiding van Neil Keet. Foto: Yaël Malgas
Aitsa!-koor onderleiding van Neil Keet. Foto: Yaël Malgas

Kinders van Kylemore het vandeesweek ‘n splinternuwe sportveld ryker geword, dansky die Aitsa!-naskoolsentrum en sy vele vennote.

Aitsa! is deur ‘n groep vroue van die Dwarsrivier gestig en 10 jaar later spog die organisasie met ‘n laerskool en ‘n naskoolsentrum spesifiek vir Kylemore-kinders.

Die nuwe astro-sportveld, Klipkraal, wat op ‘n gedeelte van die Enthoven-familie se Bethlehem Farm gebou is, is Dinsdag 2 Desember amptelik geopen.

‘n Emosionele Marais Steyn het by die opening gesê die fasaliteit sou nie tot stand gekom sonder die hulp van hul vele vennote nie. “Ons het die hande om te help, ons het net die geld nodig gehad om die droom ‘n werklikheid te maak en dit is presies wat julle gedoen het,” het hy gesê.

Die nuwe sportveld van die Aitsa!-naskoolsentrum is op 2 Desember amptelik geopen. Foto: Yaël Malgas
Die nuwe sportveld van die Aitsa!-naskoolsentrum is op 2 Desember amptelik geopen. Foto: Yaël Malgas

Onder die vennote is Capitec, Remgro se Open Play-stigting, Stellenbosch-sokkerklub, die Stellenbosch Academy of Sport, die Global United FC Africa-stigting, Rama (Stellenbosch-sokker se hoofborg) en Yellowwoods wat die grond beskikbaar gestel het.

Almal was dit eens dat die belangrikste gaste by die geleentheid die kinders van die naskoolsentrum was.

Stellenbosch se burgemeester, Jeremy Fasser, het vertel van sy eie ervaring met ‘n jeug-ontwikkelingsprogram wat vele deure oopgemaak het en hom uiteindelik gehelp het om as volwassene suksesvol te wees. Fasser, van Cloetesville, was deel van die Breughel-teatergroep.

  • Juffrou Felicia Mars, Aitsa!-jeugsentrum- en sportkoordineerder, saam met leerder Indiphile Maknandana (18) war deel is van die Aitsa!-naskoolprogram. Foto: Yaël Malgas
  • Marais Steyn van Aitsa! aan die woord. Foto: Yaël Malgas

“Wat ek sien, is gemeenskapslede wat bereid is om skouer aan die wiel te sit om ‘n positiewe verandering in hul gemeenskap te maak. Die impak wat Aitsa! op die kinders se lewens mag hê, kan nie onderskat word nie. Ek praat uit ondervinding. Ek weet wat dit beteken wanneer jy ‘n alternatief gebied word.

“Nes ek destyds ‘n veilige ruimte by die Breughel-teater gevind het, is dit wat Kylemore se kinders in Aitsa! vind. Julle mag dalk nie vandag die vrugte van jul harde werk sien nie, maar oor 10 of 15 jaar sal ons die verskil wat in die kinders se lewens gemaak is, sien,” sê hy.

Die Open Play-stigting sal volgende jaar twee keer per week twee sokkerafrigters voorsien. Aitsa! sal ook die stigting se eerste projek wees waar monitering en evaluasie digitaal sal geskied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article