Avril Fillies

Franschhoek en Primrose pak mekaar Saterdag (20 September) in die Superliga B-eindstryd op City Park om die wenner van dié afdeling te bepaal.

Albei spanne het reeds vir Superliga A in 2026 gekwalifiseer nadat hulle hul onderskeie kragmetings die afgelope naweek teen onderskeidelik Kraaifontein (33-18) en Belhar (46-34) gewen het.

In Superliga A kom Villagers teen Hamiltons te staan om die ligawenner te kroon. In Superliga C pak Young Peoples en All Saints mekaar.

In die halfeindstryde vir die vroueliga was Van der Stel-Evergreens te sterk vir Busy Bee en het met 32-15 geseëvier, terwyl Brackenfell met 39-12 met Blue Jets afge-

reken het. VDE en Brackenfell pak mekaar in die eindstryd om die wenner van die vrouekompetisie te bepaal.

Die spanne wat in die halfeindstryde in SLA en SLB verloor het, is Saterdag weer in aksie in uitspeelwedstryde om te bepaal wie outomaties promosie wen en wie later vir promosie/regelasie moet speel. In SLC word die laaste drie spanne op die punteleer outomaties gerelegeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article