Hoewel die kans vir Suid-Afrikaners om in persoon vir die plaaslike nasionale verkiesings te registreer nou verby is, is daar steeds ‘n kans om op die kieserslys te kom.
Die afgelope naweek (Saterdag 1 en Sondag 2 Augustus) het die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) ‘n tweede en laaste registrasienaweek reg oor die land aangebied.
Volgens die OVK-hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo, het 753 332 nuwe kiesers oor die twee registrasienaweke geregistreer. Daar is nou meer as 29 miljoen geregistreerde kiesers in die land.
Kiesers wat nog nie geregistreer het nie, het tot Vrydag 7 Augustus kans om op die kieserslys te kom deur aanlyn op die kiesersregistrasieplatform te registreer sodat hulle op Woensdag 4 November hul kruisies kan trek.
Besoek https://registertovote.mtndatafree.co/ of stuur ‘n Whatsapp na 0600 088 000.


