Paul Roos se hokkiespanne het in die Rosestad skoonskip gemaak en 13 van die 14 hokkie- wedstryde gewen. Logan Lackay (links) ontwyk sy teenstander in die eerstespanwedstryd, wat Paul Roos se o.19A’s met 2-1 gewen het. Foto’s: Jacobus Nel
Die rugbyspanne van Paul Roos Gimnasium het van Donderdag 14 tot Saterdag 16 Augustus ‘n uitstekende interskole-naweek teen Grey College in Bloemfontein beleef. Die Stellenbossers het 18 seges in die 28 wedstryde behaal, met ‘n gemiddelde telling van 23-16 in die skool se guns. Die o.19A-wedstryd is ongelukkig in die doodsnukke teen ‘n vasberade Grey College-span verloor. Die eindtelling was 26-25 in die tuisspan se guns. Tiaan Basson (regs) het een van PRG se indrukwekkende drieë in dié wedstryd gedruk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article