Twee Paul Roos Gimnasium-swemspanne het onlangs aan die jaarlikse Fastest Four Gala by Bridge House in Franschhoek deelgeneem. Swemmers van PRG was gewis die vinnigste vier in elke ouderdomsgroep en het selfs ‘n paar rekords oortref. Die PRG-spanne het ‘n indrukwekkende 150 punte behaal – ver voor die Hoër Jongenskool Paarl in die tweede plek met 118 punte. Verder het die swemspan ook die eerste deel van die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit, met ‘n rekordaantal swemmers wat aan die einde van Oktober aan die Bolandliga-gala deelgeneem het. Daar was baie uitstekende individuele prestasies en die PRG-aflosspanne het ook rekords laat spat.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article