Vier van die Hoërskool Stellenbosch se gr. 12-leerders – Ruben Buys, Hanno Janse van Rensburg, Rouhan Venter en Josh le Roux – het onlangs in die JSE-beleggingsuitdaging vir 2025 uitgeblink. Hulle het met R1 miljoen fiktiewe kapitaal hul beleggingsvernuf geslyp en teen meer as 66 000 leerders in 28 000 spanne meegeding. Hierdie briljante span het nie net in April én Augustus as die topspan in die ETF/ETN-afdeling (beursverhandelde fonds en beursverhandelde aandele) uitgestyg nie, maar is ook as die algehele nasionale wenners vir die jaar in hul afdeling gekroon. Die prestasie getuig van hul finansiële geletterdheid en die toewyding, strategiese denke en indrukwekkende begrip van finansiële markte.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article