Afleweraars van Checkers Sixty60 in Stellenbosch is die eerstes in die land wat bykomende opleiding kry.
Afleweraars van Checkers Sixty60 in Stellenbosch is die eerstes in die land wat bykomende opleiding kry.

Vir sommige is hulle redders op bromponies wat noodsaaklike kruideniersware vinnig en gerieflik aflewer, maar vir ander is hulle padvarke wat oor Stellenbosch se sypaadjies ry en deur die verkeer weef.

Afleweraars op bromponies het ‘n alledaagse diens geword, maar volgens plaaslike paneelkloppers sien hulle week ná week die skade wat aan inwoners se rygoed aangerig word deur die afleweraars.

Volgens die eienaars van ‘n paneelkloppers in Plankenbrug moet baie van hul kliënte self opdok vir die skrape en duike aan hul voertuie wat deur die manne op bromponies aangerig is. Die skade aan die voertuie beloop glo gemiddeld tussen R5 000 en R10 000.

Vele meld ook glo nie die skade by hul versekeringsmaatskappye aan nie omdat hulle nie hul premies verhoog wil hê nie. Krapmerke, spieëls wat in die slag gebly het en duike is die mees algemene skade.

Eikestadnuus het na die Shoprite-groep se kommunikasiespan uitgereik vir antwoorde oor of afleweraars verantwoordelik gehou kan word vir enige skade wat hulle aanrig, maar is na die korporatiewe webblad verwys.

Hier word verduidelik Pingo is ‘n filiaal van die Shoprite-groep en bied die Sixty60-afleweringsdiens aan. “Afleweraars funksioneer as onafhanklike kontrakteurs en ontvang deurlopende operasionele ondersteuning om veilige, betroubare en konsekwente afleweringsprestasie te verseker,” verklaar die webblad.

Sixty60-afleweraars het Groep Persoonlike Ongeluksdekking by Discovery.

This image has an empty alt attribute; its file name is image-23-1024x683.jpeg
Hein Jonker, stigter en hoofinstrukteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir motorfietsveiligheid (MSI), besig met opleiding.
Hein Jonker, stigter en hoofinstrukteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir motorfietsveiligheid (MSI), besig met opleiding.

Volgens die webblad sluit hierdie dekking “private hospitaalbehandeling vir trauma, private ambulans- en noodstabiliseringsdienste, tydelike ongeskiktheidsvoordele en begrafnisdekking” in.

Daarmee saam handhaaf Pingo derdeparty-aanspreeklikheidsversekering deur OUTsurance “wat bestuurders beskerm teen eise vir skade aan derdeparty-eiendom wat spruit uit voorvalle wat plaasvind tydens aflewerings”.

Volgens die paneelkloppers is dit egter ‘n uitdagende, onbegonne taak vir hul kliënte, baie van hulle bejaardes, om van hierdie dekking gebruik te maak met die meeste van hul kliënte wat nie eens weet waar om te begin om geld te eis nie.

In ‘n verklaring het die Shoprite-groep verlede week gesê verbeterde veiligheidsopleiding vir Sixty60-afleweraars is vandeesmaand in die Eikestad van stapel gestuur.

Dit is die eerste dorp waar meer as 100 afleweraars addisionale padveiliheids- en gedragsopleiding ontvang. Die opleiding word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Motorfietsveiligheid (MSI) gedoen.

“Wanneer motorfietsry jou lewensbestaan ​​is, kan veiligheid nie ‘n eenmalige gesprek wees nie; dit moet deurlopend wees,” meen Hein Jonker, stigter en hoofinstrukteur van MSI, wat die plaaslike sessies aangebied het.

“Motorfietsbestuurders spandeer elke dag ure op die pad, dikwels in moeilike toestande. Met hierdie nuwe kurrikulum bied Sixty60 hul afleweraars bykomende gereedskap om hulself en diegene met wie hulle die paaie deel, te beskerm.”

Na gelang van die sukses van Stellenbosch se studie sal die nuwe kurrikulum landswyd vir meer as 9 000 afleweraars aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article