brand simondium
Brandbestryders van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit het die afgelope Vrydag (18 September) gereageer nadat ‘n brand in die berge in Simondium uitgebreek het. Teen die naweek was dié brand grootliks geblus. Foto: Gustav Burger/ KWDM-brandbestryder

Eerste bergbrand hou brandbestryders besig in Simondium

brand simondium
Brandbestryders van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit het die afgelope Vrydag (18 September) gereageer nadat ‘n brand in die berge in Simondium uitgebreek het. Teen die naweek was dié brand grootliks geblus. Foto: Gustav Burger/ KWDM-brandbestryder

Die vlamme van die komende brandseisoen het reeds begin woed met plaaslike brandweerbeamptes wat die afgelope naweek vlamme in Simondium ingekamp het.

Twee grondspanne van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het op Vrydag 18 September reageer nadat ‘n brand op die berg bo Simondium uitgebreek het.

Die brand, wat bo die Le Plaisir-­wynlandgoed gewoed het, is deur ‘n kombinasie van hoë brandstoflading en baie sterk wind aangeblaas.

LEES OOK: Wemmershoekbrand woed steeds, maar nou onder beheer

brand simondium
Brandbestryders van die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit het op Vrydag 18 September gereageer nadat ‘n brand in die berge in Simondium uitgebreek het. Foto: KWDM

Kwik styg

Jo-Anne Otto, ‘n woordvoerder vir die distriksmunisipaliteit, het verduidelik die omgewing waar dit gebrand het, was ontoegangklik vir die spanne en hul brandbestrydingsvoer­tuie, wat bygestaan is deur ‘n span beamptes van CapeNature.

Vrydag het die kwik tot 28 °C gestyg en sterk winde in beide Stellenbosch en Paarl het gewoed.

“Brandbestrydingsvoertuie en spanne van die KWDM-branddienste, saam met grondspanne van NCC Wildfire-dienste, CapeNature en die Volunteer Wildfire Services (VWS), asook vennote van die Winelands FPA, het deur die nag gewerk.

“Ten spyte van vlamme wat tot drie meter hoog was, baie ongelyke ­terrein en sterk wind, het brandbestryders daarin geslaag om te keer dat die brand na boorde en wingerde versprei.”

Party dele kan steeds opvlam

“Die wind het laat Vrydagaand bedaar en, tesame met baie koeler toestande, het die spanne beter vordering gemaak,” het Otto Saterdagoggend gesê.

“Hoewel goeie vordering gemaak is, is daar steeds dele wat baie warm is en wat tot opvlammings kan lei. Hierdie gebiede vereis voortgesette ­monitering en opruimingswerk. ‘n Paar gebiede hoog op die bergtoppe wek steeds kommer.

“‘n Verandering in windrigting, of ‘n toename in die intensiteit van die brand as gevolg van die beskikbare brandstoflading, kan daartoe lei dat die brandlyn, wat tans ontoeganklik is vir grondspanne, na eiendomme van hoë waarde beweeg.”

Teen Saterdagmiddag het die brandestryders die brand in die berge bo die wynlandgoed ingekamp.

Uitdagings verduidelik

Otto het bevestig die munisipaliteit en Cape­Nature sowel as NNC het intensiewe opruimingstake uitge­voer.

Water is uit ‘n nabye klein rivier gepomp om die vlamme in ‘n groot gedeelte van die gebied onder beheer te bring. Spanne het voorgegaan om deur die nag te werk.

Twee kleiner, ontoeganklike gebiede is fyn dopgehou vir opvlammings en spanne het aangehou om die situasie te monitor. “Weens die yl plantegroei en koeler toestande gedurende die nag, word gehoop dat hierdie dele vanself sal uitbrand,” het Otto gesê.

Tydens die Wes-Kaapse regering se onlangse beraad oor struktuurbrandbestryding, wat vroeër vandeesmaand in Milnerton gehou is, het die LUR van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton ­Bredell, uitgebrei oor die uitdagings wat saam met brande kom.

Volgens Bredell het 215 000 hektaar in die vorige brandseisoen gebrand met sowat 53 000 van dié grondgebied wat in die Cederberg alleen was.

LEES OOK: Cape Winelands firefighting ‘army’ mobilised for busy inferno season

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article