Die twee verdagtes wat verdink word van die moord op Piet de Koker (77) het Maandag (16 Maart) hul borgtogaansoeke in die Stellenbosch-landdroshof laat vaar.

Darren Stephanus and Ryan Munnik is deur die Stellenbosch-polisie in verband met De Koker se dood op Saterdag 17 Januarie in hegtenis geneem.

Die bejaarde van Strand is vroeër vanjaar in die Onderpapegaaiberg-begraafplaas dood gevind waar hy sy seun se graf besoek het.

De Koker het gereeld sy seun se graf in die begraafplaas besoek wanneer hy in die dorp was. Dié betrokke Saterdag het hy nie vir ‘n braai by sy dogter, Liezel Vermeulen, wat steeds in die woonbuurt woon, opgedaag nie.

Stephanus en Munnik het vandees-week besluit om nie voort te gaan met hul aansoek vir borgtog nie. Benewens die aanklagte van moord staan die twee ook tereg op ‘n aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Munnik moes dieselfde dag ook in dieselfde hof verskyn in verband met ‘n klag van diefstal.

Die twee se saak is tot Woensdag 8 Mei uitgestel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article