Die heel laaste ding wat enigeen aan die einde van ‘n werksdag wil sien is jou ryding met ‘n pap band. Tog was dit my lot verlede Woensdag (4 Maart) nadat die week se uitgawe van EikestadNuus na die drukkers gestuur is.

Ek haal toe my noodwiel en al die nodige toerusting uit die bagasiebak en begin die taak om die wiel om te ruil, maar voordat ek baie ver kon kom, het die Stellenbosch Improvement and Transformation Initiative-beamptes (Siti) Monray Williams en Maximus Wenn ingespring om te help terwyl hul kollega Teswill Geitjie verder straat-af besig was.

My dank aan die manne wat nie gehuiwer het om te help nie. Baie dankie, Siti! – Yaël Malgas, Eikestadnuus

Siti-beamptes
Stellenbosch Improvement and Transformation Initiative-beamptes (Siti) Teswill Geitjie, Monray Williams en Maximus Wenn. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article