Die Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vier hul uitgebreide vennootskap nadat EasyEquities na Platinumborg-status verhoog is. Op die foto (van links) is Marlise Serfontein (borgskapbestuurder), Leslie van Rooi (advieskomiteelid), Carel Nolte (EasyEquities-bemagtigingshoof), Saartjie Botha (Woordfees-direkteur) en Fiona van Kerwel (advieskomiteelid). EasyEquities is sedert 2022 ‘n gewaardeerde goueborg en ondersteun verskeie feesprojekte, insluitende die EasyEquities Skrywersfees en die kortverhaalbundelkompetisie. Die 2026-Toyota Stellenbosch Woordfees duur van 3 tot 11 Oktober. Foto: Henk Oets

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article