GO NOW scooters
Die Gonow e-bromponies is sedert 2010 in Stellenbosch.

Hartlik dank aan mnr. Whitey Basson wat die vinger op die wond lê van die vervalle binnelandse sake-gebou.

Hierdie gebou het vir talle jare as die trotse en netjiese hoofkwartier van RUS (Regiment Universiteit Stellenbosch) gedien.

Verval het baie oorsake, waarvan een van die belangrikste seker die gebrek aan geld is.

Maar verval gaan ook baie keer gepaard met te veel geld.

LEES OOK: Leserbrief: “Binnelandse sake ‘n erge skande”

‘n Klassieke voorbeeld is die florende GoNow- elektriese scooter bedryf wat nie net besig is om Stellenbosch oor te neem nie, maar ook ons netjiese woonbuurte.

Dié speelgoed word na willekeur orals gedeponeer (ge-dump), ook op plekke wat ‘n gevaar vir voertuie (en mense) inhou.

Dit het nou die nuwe gier geword! Orals sien jy kinders, klein en groot, wat daarmee rondrits.

Ek sidder baie keer as ek sien met watter vaart dit geskied. (Hoop die ouers maak seker dat hulle kinders valhelms op het.)

Volgens die webtuiste van die GoNow- maatskappy kos dié goed R1,73 per minuut, wat beteken dat jy vir ‘n halfuur meer as R50 uit die sak moet haal!

Waar kry kinders al hierdie geld vandaan?

En my belangrike vraag: Is daar nie reëls wat die gebruik hiervan bepaal nie? Volgens die maatskappy se webtuiste is twee van die belangrikste voorskrifte by gebruik: slegs aangewese parkering, en parkeer elke keer behoorlik.

Wie sien toe dat hierdie voorskrifte nagekom word? Is daar “aangewese/toegewese” parkerings hiervoor (veral in die woonbuurte), of kan mens dit nou maar net daar los waar jou huurtyd opraak?

Ek vra vriendelik, dog dringend, dat die munisipaliteit ondersoek na hierdie bedryf sal instel en riglyne daarstel wat dit reguleer.

Ons het genoeg probleme op die dorp en soek nie nuwes nie!

Gegriefde inwoner,

E-POS

The CEO of GoNow responds: GoNow welcomes constructive public feedback and the opportunity to clarify how our shared electric scooter service operates in Stellenbosch.

GoNow scooters are not informal or privately owned devices, but purpose-built shared-mobility vehicles, actively managed through technology and aligned with the municipality’s non-motorised transport (NMT) objectives.

Over several years, GoNow has engaged regularly with municipal stakeholders, including traffic and planning departments, to review concerns and improve operations.

Officials have repeatedly confirmed that the service aligns with broader NMT planning.

Our scooters are fully electric, with a maximum speed of 24 km/h, and are controlled through geofencing technology. This enables compulsory parking zones, reduced-speed areas and restricted access to sensitive locations.

A ride cannot end unless a scooter is parked correctly and penalty fees are automatically applied when parking rules are breached.

GoNow would also like to clarify that pricing is R3,99 per minute, with options including R119 for 60 minutes, R199 for 24 hours, and R999 for 30 days.

GoNow also operates a dedicated 24/7 on-the-ground security and rebalancing team in Stellenbosch.

In addition to monitoring scooter-use and parking, this team has assisted in reporting vehicle break-ins, preventing attempted thefts through early intervention, and helping recover stolen mobile phones. This shows that their visible presence has contributed positively to public safety in the town.

With more than 30 000 registered users and over 2 000 daily rides, GoNow helps reduce vehicle trips and ease congestion.

We encourage residents to report concerns directly to GoNow so the service can continue to be refined to meet the needs of the Stellenbosch community.

Stuart Grobbelaar, ‘n woordvoerder vir die Stellenbosch-munisipaliteit, reageer: Die Stellenbosch-munisipaliteit is bewus van die geïsoleerde gevalle waar bromponies op sypaadjies, opdraaie of ondernemingstoegange gelaat word.

Volgens ons Paaie en Strate Verordening van 2021 is dit verbode om voetgangers, fietsryers of voertuigverkeer met enige voorwerp, dier of voertuig te blokkeer.

Die verkeersdepartement is in die finale fase van boetes hiervoor opstel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article