Luna Paige se nuwe enkelsnit, “Die Oral”, is pas bekendgestel. Die bekendstelling van “Die Oral” lui die begin in van ‘n omvattende nasionale toer, #DieReisigers-toer.
Deel van die toer is ‘n vertoning in die Drostdy-teater in Stellenbosch op Saterdag 22 Februarie om 15:00. Die toer kom tot ‘n einde by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn in April.
Kort voor die fees sal Paige haar derde enkelsnit, “Die Lyf”, bekendstel.
Kaartjies vir die vertoning by die Drostdy-teaters kos R250 elk; bespreek aanlyn deur Webtickets.







You must be logged in to post a comment.