Twee gemaskerde en gewapende mans het na bewering die afgelope Vrydag (30 Januarie) helderoordag ‘n 19-jarige man naby ‘n winkelsentrum in Cloetesville koelbloedig doodgeskiet.
Luidens ‘n polisieverslag het beamptes omstreeks 15:30 op die toneel in Langstraat gereageer, waar hulle die liggaam van Renaldo Anthony gevind het.
Hy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.
“Hy (Anthony) het skietwonde aan sy bors opgedoen en koeëldoppies is deur die beamptes op die toneel versamel,” het AO Zenobia Sedeman, ‘n woordvoer- der van die Cloetesville-polisie, gesê.
Anthony het altesaam ses skietwonde aan sy bolyf gehad. Volgens Sedeman is die polisie deur omstanders ingelig dat die gesigte van die twee onbekende ver- dagtes met balaklavas bedek is.
“In hierdie stadium versamel lede van die Cloetesville-speurtak steeds inligting oor die voorval,” het Sedeman bygevoeg.
Die polisie ondersoek ‘n moordsaak, en die motief vir die aanval is nog onbe- kend.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, sê Sedeman.





