Op my eish! keer vandag (Donderdag 15 Januarie) om 20:00 terug na kykNET (DStv-kanaal 144) met ‘n nuwe seisoen vol vars energie en romanse. Hierdie keer is dit die voormalige rugbyspeler Ruan Smith wat sy hart op die spel plaas in die hoop om iemand te ontmoet met wie hy ‘n toekoms kan bou. Kykers kan regskuif vir ‘n seisoen vol verrassings, egte interaksies en onvergeetlike oomblikke. Smith het uit honderde inskrywings slegs 16 vroue gekies om hom in lewende lywe te ontmoet. Uiteindelik kan hy net 12 saam met hom op die reis neem, wat nog meer spanning, emosie en onverwagte oomblikke opgelewer het. Vir Smith was dit ‘n emosionele reis vol verrassings en waardevolle lesse: “Ek’s ongelooflik opgewonde oor hierdie nuwe seisoen. Om weer die kans te kry om liefde met ‘n oop hart te soek, is iets wat ek nie ligtelik opneem nie. Tydens hierdie proses het ek baie van myself geleer en ek’s reg om te wys wie ek is. Hopelik vind ek iemand wat saam met my die pad wil stap.” Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article