Polisiebeamptes van Cloetesville het verlede Dinsdag 11 November patrolliewerk verrig toe hulle inligting oor ‘n onwettige vuurwapen ontvang.

Die beamptes is na ‘n woning in Eikestraat, waar hulle op ‘n klein geroeste vuurwapen met agt rondes ammunisie beslag gelê het.

Volgens die Wes-Kaapse polisie is een verdage – vermoedelik by bendes betrokke – vir die onwettige besit van die vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Die gemeenskap word aan- gespoor om enige inligting oor misdrywe of verdagte gedrag anoniem by die CrimeStop-hulplyn 08600 10111 aan te meld, of alternatiewelik deur die MySAPS-mobiele toepassing.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article