Die o.19A-gholfspan van Paul Roos Gimnasium is op Dinsdag (5 Augustus) as die beste hoërskool-gholfspan in die land gekroon. Dít volg ná die span se sege by die Suid-Afrikaanse skolegholfkampioenskap in Middelburg. Die laaste keer toe die skool dié prestasie vermag het, was in 2022. Altesaam 26 skole het deelgeneem en die PRG-span het met sy telling van -13 ‘n nege-hou-voorsprong oor die Hoërskool Menlopark (tweede plek) aangeteken. Die seëvierende span is, van links, Anna Becker-Frankel (afrigter), Alex Frankel, Nicolas van der Vyver, Andries van der Vyver en Booyë Walters. Nicolas het in ‘n algehele eerste plek geëindig en ‘n uitstekende -9 aangeteken.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article