Dorpskalender
Die dorpskalender is vol doen-dinge in en om Stellenbosch.

SATURDAY 9 AUGUST

• Stellenbosch: Celebrate Women’s Day with The Wine Walk at MURATIE WINE ESTATE 09:00. Participants will be welcomed with a mimosa before following signs to the look-out point on the mountain above the cellar, offering panoramic views of Simonsberg and Table Mountain. At the top, guests will be treated to a tasting of four Muratie wines – two whites and two reds. Children under 18 will receive a juice. The distance of the hike is 3,5 km and the cost is R175 per adult. Participants must wear closed walking or hiking shoes and take along a backpack with water, hat, jacket, and optional snacks. A reasonable fitness level is advised. Bookings are essential by noon on Friday 8 August at www.dirtpass.co.za.

SONDAG 10 AUGUSTUS

• Stellenbosch: Papelellekoors, ‘n kabaret deur Johann Slabbert, is om 15:00 by die DROSTDY-TEATER te sien. Wat gee jou die papelellekoors en wat verklap dit van jouself? Elzabé Zietsman het – glo baie teësinnig – lank in die spieël gekyk op soek na ‘n openbaring. Sy soek nog. Papelellekoors is ‘n tong-in-die-kies-kykie na irritasies, konsternasies en frustrasies – met of sonder grasie. Zietsman word deur die pianis Jody Jason Petersen vergesel. Kaartjies, kos R280 en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word. Geen onder 13’s toegelaat.

WOENSDAG 13 TOT SATERDAG 16 AUGUSTUS

• Stellenbosch: Kom vier Afrikaans se 100ste bestaansjaar met ‘n groot makietie en kermis by AZALEAHOF in Van Riebeeckstraat. Die viering vind daagliks van 10:00 plaas en sluit in ‘n praatjie deur Bun Booyens, oudredakteur van Die Burger, oor spotprente (Woensdag); gesprekke oor die kookboek Kook en Geniet, Bybelvertalings en die Azaleahof-argief om 10:00 Donderdag; boekbespreking van WIEG deur Joan Kruger om 18:00 Donderdag; die kreatiewe dag op die Vrydag, met voordragte uit die Afrikaanse digkuns en kortverhale deur bekende en onbekende kunstenaars uit Atlantis, pragtige liedjies uit die FAK; en gesprekke oor jeug- en kinderliteratuur en jong manne maak musiek (Saterdag). Saterdag word afgesluit met ‘n kermis. Toegang is gratis en verversings word ingesluit. Parkering kan gereël word deur 021 887 0136 te skakel. Kontak Alta by 082 490 4215 of Rouston by 082 804 3312 vir nog inligting.

VRYDAG 15 AUGUSTUS

• Cloetesville: Die STELLENBOSCH WYNLAND-NETBALUNIE bied ‘n dans met DJ Eumon van 18:00 tot 23:30 in die saal van Rietenbosch Primêr aan. Toegang beloop R80 per persoon en jy mag jou eie koelboks neem. Daar sal ook ‘n lootjie teen R20 per kaartjie en ‘n snoepie wees, asook ‘n minibus-taxi wat gaste teen R15 per persoon ná die dans huis toe sal neem. Streng veiligheidsmaatreëls sal van toepassing wees asook patrollies deur wetstoepassers. Bel Vernon by 064 464 4118 of Ellarise by 073 199 9077 vir nog inligting.

SATURDAY 16 TO SUNDAY 24 AUGUST

• Helderberg: The third annual INDIE AUTHORS RISE UP: FRINGE FIRESIDE CHATS book festival will be held at various venues in Gordon’s Bay, Somerset West and Strand. The event includes sessions with seasoned writing mentors, candid insights from experienced authors, legal guidance for writers, artists and other creatives, and a workshop unpacking AI’s role in the world of writing. More than 40 talented independent authors and self-publishing service providers will be part of the event. The event offers something for everyone. Most tickets cost R60 each and include a glass of wine, while others offer free admission. Visit www.indieauthorsriseup.co.za for more information and the full programme.

SATERDAG 23 AUGUSTUS

• Lynedoch: Die Faith Fund-omgeedag word om 10:30 op die VREDENHEIM-PLAAS gehou. Die geleentheid word deur die Beyers Truter Fetal Alcohol Interrelated Treatment Help Fund (Faith Fund) in samewerking met Beyerskloof en Vredenheim aangebied. Die sangeres Andriëtte Norman sal gaste met haar sang vermaak en wenke oor ingewande-

gesondheid deel, terwyl Leatitia Solomons as seremoniemeester sal optree. Kaartjies, teen R440 per persoon, sluit ‘n laatontbyt, geskenksakkie en gelukstrekkings in. Stuur e-pos na kershoff@mweb.co.za om jou tafel of kaartjie te bespreek.

SATURDAY 6 SEPTEMBER

• Stellenbosch: SIP THE SEASON, a one-day, wine-forward celebration, will mark the start of Spring from noon to 15:00. Set across the Oude Werf and Stellenbosch hotels, the experience invites guests to sip, taste, wander, and connect. Book your tickets via Quicket.

*Stuur alle kalender-inskrywings na eikestadnuus@novusmedia.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article