EG Jansen het weer 'n propvol bepalingslys vir 2026, die 1ste XV speel in die NWU reeks, voor hulle aan die Noord-Suid deelneem dan reis hulle Durban toe om aan die Kearnsey fees te gaan deelneem. Die Wildeklawer toernooi is ook nog op die kaarte vir die manne van Boksburg.
EG Jansen gaan vir elke wedstryd voorberei asof dit ‘n eindstryd is.

“Stuur ons goeie mans in die wêreld in? Het die span vordering gemaak; en dan, waar lê ons in die liga,” dié drie dinge in daardie volgorde is die maatstaf van sukses vir Rudi Dames, direkteur van rugby by Dr. EG Jansen.

“Ons jaag nie bekers, of stel doelwitte om nommer een of twee te wees nie. Ons bou ‘n proses wat reg is vir ons by Dr. EG Jansen en volg dit. As die proses reg is, gaan jy kom waar jy wil wees,” verduidelik hy.

EG Jansen het weer ‘n propvol bepalingslys vir 2026. Die 1ste XV speel in die NWU reeks voordat hulle aan die Noord-Suid deelneem. Dan reis hulle Durban toe om aan die Kearnsey-fees te gaan deelneem. Die Wildeklawer-toernooi is ook nog op die kaarte vir die manne van Boksburg.

“Baie mense sê jy moet kies: een of die ander. Ons glo dat die bepalings ons help om die span te verfyn, kombinasies te toets, ‘n geleentheid vir seuns te gee wat hard werk om hulleself te bewys en ‘n plek in die span te kry. Dit gee ook vir seuns nog ‘n geleentheid vir blootstelling, om raakgesien te word deur ‘n universiteit of unie,” sê Dames.

Die Jansies het nie ‘n maklike aanloop tot die moeilike Noordvaal-beker gekies nie. In dié verskeie toernooie gaan hulle met Durbanville, Framesby, Nico Malan, Glenwood, Milnerton, HTS Drostdy en Jeppe kragte meet.

LEES OOK: Durbanville se rugby vorder na Premier-A status

Dan begin die groot veldtog, wat vir die Jansies op 2 Mei teen Monument afskop. Die manne van die Oos-rand het Monnas verlede jaar geklop en sal weer so ‘n begin aan hul veldtog wil hê.

Dit was ‘n moeilike 2025-seisoen vir Jansies, die kleinste skool in die Noordvaal-beker afdeling, wat slegs drie van hul Noordvaal wedstryde gewen het. Hulle het reeds begin voorberei om in die 2026 seisoen te verbeter.

“Al die skool se spanne is vir twee dae Konka toe, waar ons ons blueprint goed onder die knie kon kry. Dit het ons die geleentheid gegee om vir die afrigters en spelers te verduidelik en te wys hoekom ons dinge op ‘n sekere manier doen. Dit is belangrik om te sien hoe die C-span-outjie ontwikkel, want hy speel dalk eendag in die 1ste XV. Ons gaan vir elke wedstryd voorberei asof dit ‘n eindstryd is,” sê Dames.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article