Hector (regs) en Anthea Faviers deel sop en sanitêre doekies uit tydens die Sanitary and Soup-inisiatief in Macassar.
Hector (regs) en Anthea Faviers deel sop en sanitêre doekies uit tydens die Sanitary and Soup-inisiatief in Macassar.

Die junior raadslid Tatum Hector gaan voort om haar verkiesingsbeloftes na te kom met haar nuutste projek, die Sanitary and Soup-inisiatief, wat op Vrydag 5 September gehou is.

Hector en haar span het koppies warm sop aan mense en gesinne in nood uitgedeel, asook sanitêre doekies aan meisies by die H- en B-blokke in haar tuisdorp, Macassar.

Die inisiatief is deel van dié 17-jarige junior raadslid se Worthy Girls-projek, wat daarop fokus om meisies in Macassar van waardigheid en sanitasie te voorsien.

Hector (regs) en Anthea Faviers deel sop en sanitêre doekies uit tydens die Sanitary and Soup-inisiatief in Macassar.
Op die foto is Hector (regs) by Anthea Faviers, een van die Worthy Girls, tydens die uitdeling van sop en sanitêre doekies by die Sanitary and Soup-inisiatief in Macassar op Vrydag 5 September.

Dié gr.11-leerder aan die Hoërskool De Kuilen is een van 50 leerders wat in Maart as junior raadslede vir die 2025- Junior Stadsraad van Kaapstad verkies is.

Sy het belowe om ‘n jeuguitdaging in haar gemeenskap aan te pak. Die Sanitary and Soup-inisiatief volg op haar Youth Day Pull Up and Clean-Up (16 Junie) en die bekendstelling van haar Worthy Girls-projek (16 Augustus).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article