Hoërskool Parel Vallei se span wiskundiges het Vrydag 8 Junie aan die jaarlikse UCT-wiskundeolimpiade deelgeneem en hul plek onder die vyf beste wiskundeskole verdedig. Die PV-span het ’n algehele vyfde plek behaal en vier Parel Valleiers het selfs onder die top-10 geëindig. Dié leerders is (van links) Yesol Jeong (vyfde in die gr. 10-afdeling), Ben Kleyn (vyfde in die gr. 9-afdeling), Danielle Kleyn (eerste in die gr. 11-afdeling) en Chaewoo Lee (derde in die gr. 8-afdeling). Neil Marais (agste in die gr. 11-afdeling) was afwesig toe die foto geneem is. Die skool is al langer as 20 jaar een van die topskole in die kompetisie. Dit is ook noemenswaardig dat Danielle vroeër vanjaar as die Africa’s Queen of Mathematics gekroon is en die kroon by die olimpiade gespan het waar sy ’n eerste plek in die gr. 11-afdeling behaal het. Sy het ook die beker vir die beste meisie in die kompetisie gewen. Die Skoleondersteuningsentrum het onlangs ’n beurs van R10 000 aan haar toegeken as beloning vir haar uitsonderlike wiskundeprestasies die afgelope twee jaar.Foto:


Wiskunde-foendies in topvyf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article