SOMERSETï-WES – Olga Human, ’n kunstenaar en ouer van ’n leerder aan die Hoërskool Parel Vallei, het verlede Donderdag (2 Julie) dié kunswerk van Winston, die skool se gelukbringer, aan die skool geskenk. Hiermee het sy David Schenck, die hoof, en die onderwysers bedank vir hul toewyding en harde werk wat nou selfs nog meer weens die pandemie raakgesien word. Human se dogter, Saskia, is in gr. 9 en is baie gelukkig om deel van die PV-familie te wees. Die skildery sal met trots in die hoof se kantoor hang en altyd as ’n simbool van PV se Blue Thread-familie dien, waarin almal tuis is en ’n rol het om te speel – net soos Winston met al sy energie en liefde vir almal. Die skool het ook sy dankbaarheid aan Alex Mac Gillivray van Heldervue Framers, wat die skildery geraam het, uitgespreek.Foto:


Winston waak oor Hoërskool Parel Vallei

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article