Helpende Hand bied die eerste keer ’n Sekretaressedag op nasionale Sekretaressedag aan.
Die doel is om sekretaresses en ander kantoorpersoneel te bederf en dankie te sê. Indien jy self een of ’n kantoor-personeellid is of so iemand in jou kantoor-omgewing het of so iemand ken, is hierdie ’n geleentheid wat jy of hulle nie moet misloop nie.
Dit vind van 08:30 tot 12:30 op Woensdag 6 September by Vredenheim-wynplaas buite tussen Somerset-Wes en Stellenbosch plaas.
Die koste is R250 per persoon en sluit ’n heerlike ontbyt, fieterjasie-sakkie en pryse in.
Sprekers by hierdie geleentheid is Francois Boyce van Hoezit Samelewing, Debbie Laubscher wat gaan gesels oor ChatGPT en AI, Marisa Engelbrecht van Solidariteit en die bekende Lindie Strydom.
Slegs beperkte kaartjies is beskikbaar. Koop dus betyds by: https://www.quicket.co.za/events/227952-sekretaressedag-ontbyt/#


