FRIDAY 30 MAY
- Somerset West: Locals up for a bargain are in for a treat as the HOTTENTOTS HOLLAND DUTCH REFORMED CHURCH, on the corner of Plein and Cloetenberg roads, presents a charity shop clearance sale from 09:00 to 12:00. Call Lorraine du Toit on 082 259 065 for details.
- Somerset West: ST PAUL’S CATHOLIC CHURCH in Andries Pretorius Street hosts its monthly book sale from 09:00 to 12:00. Local bookworms can look forward to a variety of books including a lot of “new” titles, as well as some Afrikaans reads. Tea, coffee, and an amazing selection of eats will be on offer too. Card machine facilities are available. There will also be a fundraising car wash in aid of the church’s feeding programmes. Call Carole on 084 299 9023.
SATERDAG 31 MEI
- Strand: Die plaaslike skrywer Henning van Aswegen stel twee van sy jongste boeke, Die Buro en Vrystaatstories by die SUNSET-BOEKWINKEL, Strandweg 95, se “Boekmakiti” bekend. Die geleentheid begin om 11:00. Toegang is gratis met volop parkering naby die swembad en die Isaac Barenblatt-vierkant in Van Ryneveld se Michaustraat. Die Buro vertel die geskiedenis en spioenasieverhale van die Buro vir Staatsveiligheid, wat van 1969 tot 1978 bestaan het en ‘n beduidende rol in die ontwikkeling van ‘n eie intelligensiekunde en wetenskap in Suid-Afrika vervul het. Die storie van die buro word deur oud-spioene self vertel, met volop foto’s in die boek wat vir die eerste keer aan die publiek vrygestel en vertoon word. Vrystaatstories is grappige jeugfiksie en vertel hoe Mossieman en sy boesemvriend Geronkie die Donkie deur die Vrystaat reis en die arme inwoners aan hul kwajongsteke en koeterwaals onderwerp en hulle leer hoe om ordentlike poetse te bak. Lesers en boekliefhebbers kan 078 801 8208 skakel vir meer inligting.
- Strand: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND ONS PLEK bied ‘n Pretloop vir Kinderbeskermingsweek aan. Belangstellendes word aangespoor om ‘n wit T-hemp aan te trek, ‘n groen strik aan te sit en hul veters vas te maak vir ‘n staptog ter bewusmaking van kinderbeskermingsweek. Almal vergader oorkant die kloktoring op die strand. Registrasie is om 12:00; deelnemers begin 12:30. Kaartmasjiene sal beskikbaar wees.Skakel 079 733 9477 vir nog inligting. Skenkings (geld en niebederfbare kos) sal waardeer word.
MAANDAG 2 JUNIE
- Strand: Die CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDSDIENS of Christians Against Drugs (Cad) nooi mense wat probleme het met middelafhanklikheid na hul byeenkoms om 19:00 in die kerksaal van die NGK Strand Moedergemeente op die hoek van Birkenhead- en Faganstraat. Bel Gerrit by 073 336 3119 of Werner by 082 826 0972.
THURSDAY 5 JUNE
- Somerset West: The U3A MONEY MATTERS GROUP meets at the Somerset West United church, on the corner of Andries Pretorius and Bright streets, from 10:00 to 12:00. The topic is “Property: The best is yet to come – Choosing the right move for the next stage” and will cover an overview of the Helderberg property market; what to consider to help make an informed decision with your next property step; and property ownership types and options. The presentation will be delivered by Jan Myburgh, operating partner at Harcourts Platinum. Members are required to wear their membership cards and pay R10. The cost for visitors is R15. Refreshments will be available at 09:30. For more information, contact Danie Schoeman on 082 783 9582 or dschoeman2745@gmail.com.
DINSDAG 10 JUNIE
- Somerset-Wes: Die klub vir die HELDERBERG SENIORS kom om 09:00 vir tee en verversings en om 09:30 vir samesang en die program by die NG kerk Helderberg in Firmountweg byeen. Die gasspreker Andreas Groenewald, ‘n toergids en die eienaar van Gantouw-toere, spreek besoekers toe oor fynbos. Alle belangstellende afgetredenes word hartlik na die byeenkoms uitgenooi. Koste: R10 vir lede en R20 vir besoekers. Vir navrae, bel Apolonia Maritz by 021 853 7560 of 082 507 7091.





