ATKV-Crescendo, een van Suid-Afrika se grootste projekte vir die ontwikkeling van musikale talent, vier sy 50ste bestaansjaar in Stellenbosch met opwindende produksies. Morné van Staden, die ATKV se projekbestuurder vir kunsteprojekte, sê: “ATKV-Crescendo en Stellenbosch het baie in gemeen. Soos Stellenbosch, is ATKV-Crescendo dié plek waar legendariese kunstenaars gebore word.” Die afgelope drie jaar is Crescendo-produksies by die Daisy Jones-teater net buite Stellenbosch gehou. Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van kultuur van die ATKV, sê vanjaar se produksies is uniek en interaktief, met deelname uit die gehoor. Bekende kunstenaars soos Karin Hougaardt en Jak de Priester deel die verhoog met onlangse finaliste soos Gracia Nicholls en Marsha Bothma. Sonel Brits, die besturende direkteur van die ATKV, sê sy het die vorige produksie, Platformsessies: Di-vers, bygewoon en was beïndruk deur die gemeenskapsgevoel en ondersteuning onder kunstenaars. Stellenbosch-gehore kan uitsien na Platformsessies: Nostalgie op Vrydag 16 Augustus by die Daisy Jones-teater, waar voormalige Crescendo-wenners Jak de Priester (foto) en Babette Viljoen saam met 2024-finaliste optree. De Priester, wat in 2002 gewen het, sê hy sien daarna uit om die ver


SATURDAY 17 AUGUST

Somerset West: The Southey’s Car Boot Sale (Southey’s Thrift & Second-hand Market) returns to Southey’s Vines at 186 Main Road from 08:30 to 14:00. With a variety of stalls to browse, locals can look forward to an exciting day of bargain hunting. To book a stall, contact Hayley via WhatsApp on 076 335 5116.

SONDAG 18 AUGUSTUS

Strand: Die tenoor Jannie Moolman en die bariton Riaan Hunter is om 16:00 by The Drama Factory in “Lieflike Droom”, ’n musikale huldeblyk aan Gé Korsten. Dié duo neem die gehoor met foto’s, videomateriaal en uittreksels uit van die flieks waarin Korsten gespeel het op ’n nostalgiese reis. Hulle sing van sy grootste treffers en vertel die storie van sy lewe. Kaartjies kos R250 elk en kan aanlyn by www.thedramafactory.co.za bespreek word. Vir meer inligting, bel The Drama Factory by 073 215 2290.

MAANDAG 19 AUGUSTUS

Strand: Die Christelike Afhanklikheidsdiens of Christians Against Drugs (Cad) nooi almal wat probleme met middelafhanklikheid het na sy byeenkoms om 19:00 in die kerksaal van die NG kerk Strand se Moedergemeente op die hoek van Birkenhead- en Faganstraat. Bel Gerrit by 073 336 3119 of Werner by 082 826 0972 vir enige navrae.

Somerset West: Are you troubled by a loved one’s drinking? Support is available at Al-Anon. Meetings take place every Monday at 19:30 and Thursday at noon. For venue details, call 073 624 7547 or 072 610 1872.

Somerset West: The South African Depression and Anxiety Group’s (Sadag) local support group for people living with depression, anxiety and bipolar disorder meets every Monday, and alternatively, in person at the Coronation Avenue Methodist church at 18:00 and online. For more information and meeting dates, contact Rudyard on 021 855 0660 or rudyardh7@gmail.com.

FRIDAY 30 AUGUST

Somerset West: Helderberg Cricket Club hosts its Winter Ball at the Bredell Community Hall at Rustenhof Farm in Firgrove at 19:00. The cost is R100 per person. Bring your own platters; there will be a cash bar available.

VRYDAG 6 SEPTEMBER

Strand: Die Hoërskool Strand se jaarlikse gholfdag vind van 11:00 by die Strand-gholfklub plaas. Die kompetisie behels die formaat van ’n vierbal-alliansie (twee tellings per gat). Koste: R3 000 per vierbal (sluit geskenkpak, ligte aandete en ’n veiling in). Borg ’n putjie teen R1 500 per “nat gat” en R2 000 per “droë gat”. Tema: Karnaval. Vir navrae en skenkings, bel Anso Kemp by 083 232 4863 of bemarker@hsstrand.co.za.

Stellenbosch: The annual general meeting of Meals on Wheels Community Services Western Cape will be held at the Technopark Protea Hotel from 10:30 to 12:30. The agenda will include the appointment of the auditors; and the new board.

To attend, reserve your place by Thursday 29 August by sending an email to sisa@mealsonwheelswc.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article