Namens die inwoners van Lochner- en Du Plessis-straat in die Strand, ons opregte dank en waardering vir die munisipale werkers se flink en vinnige optrede toe hier Sondag (29 Januarie) ’n waterpyp gebars het.

Alle dank aan Floris wat soos blits gereageer en die manne opgekommandeer het; ongelooflik vinnig was al die masjinerie in werking. Om ons waardering te toon het die manne chips en muffins gekry.

Met ’n vorige geleentheid is bye verwyder nadat die persoon drie maande moes toesien dat die watermeter voor haar deur op die sypaadjie nie gelees word nie – een aand en dieselfde aand is die bye verwyder.

My vriend, Dave (Venter), sorg steeds dat die regte persoon gekontak word. Hy weet ek “poer-poer” nie met klagtes nie! Hierdie les jare gelede by dr. Kato van Wyk – eertydse mediese superintendent by Helderberg-hospitaal – geleer.

Nogmaals, baie dankie vir puik en vinnige diens!

Ou-pensionaris,

Strand

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article