Vyf leerders van Paul Roos Gimnasium het tot die nasionale eindronde van die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deurgedring. Hulle is (van links) Frans Hoffmann, Willem Jacobus Visagie, Jack Vlismas, Sebastiaan Pentz en Pellatt Ponty Smith. Pellatt, Sebastiaan en Willem is in die eindronde van die Afrikaans-afdeling. Dié drie leerders het onderskeidelik geredeneer oor integriteit, die murg in ons bene en die toekoms van die jeug. Jack en Frans het uitgestaan in die Engels-afdeling, met Jack wat oor die Spartans geredeneer het en wat ons by hulle kan leer, terwyl Frans beïndruk het met sy onvoorbereide toespraak. Die eindronde word tussen 14 en 20 Oktober beslis.Foto: Jacques Vermooten


Vyf gladdebekke van PRG dring deur

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article