Teatergenot is weer eens op die planke by The Drama Factory in Strand!
Bespreek veilig aanlyn vir enige vertoning by die teater (Comprop Square 10, Henry Vos-slot, Asla-sakepark deur www.thedramafactory.co.za te besoek. Vir meer inligting, skakel 073 215 2290.
RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Cronjé was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Teatergehore kry nou die geleentheid om Cronjé in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke en beloof om gehore te laat skaterlag. Die produksie is om 16:00 op Sondag 31 Maart, asook om 11:00 op Maandag 1 April, op die Drama Factory-verhoog. Kaartjies kos R250.Foto: Pierre Rommelaere
Blues from the Capeis ’n seldsame geleentheid om die ongelooflike talent van die Suid-Afrikaanse liedjieskrywers en musikante Albert Frost en Gerald Clark te geniet. Hulle sal ’n wye reeks opvoer, insluitend country blues, folk blues en rockmusiek uit hul katalogus. Hierdie veelbekroonde en benoemde musikante sal gewis beïndruk. Die teaterproduksie is om 19:30 Donderdag 11 April op die Drama Factory-verhoog. Kaartjies kos R180/R200.
The Rolling Stones is die wêreld se oudste rock n roll-groep en waarskynlik een van die mees invloedryke groepe van alle tye. Vier van Kaapstad se topmusikante bring hulde aan The Rolling Stones en het al voor uitverkoopte gehore reg oor die Wes-Kaap opgetree. Die musikale skouspel Gimme Shelter Unplugged: A Night of Rolling Stones Music, word aangebied deur Jake Gunn, Ruben Gerritz, Lenny Miskin en Wouter Reyneke. Rolling Stones-volgelinge kan verwag om al hul gunstelinge te hoor, soos “Jumpin’ Jack Flash”, “Honky Tonk Woman” en “Wild Horses” en selfs ’n paar wat hulle nog nie vantevore gehoor het nie. Moenie die vertoning om 19:30 op Donderdag 4 April misloop nie. Kaartjies kos R200/R220.



