Nasionale Vrouedag is die afgelope naweek (Vrydag 8 tot Sondag 10 Augustus) oor die Helderberg heen gevier.

Verskeie organisasies van oor die Kom heen het die geleentheid gebruik om vroue โ€“ veral bejaardes van verskillende agtergronde โ€“ vir hul bydrae tot die samelewing te bedank. Sommige van die geleenthede is gebruik om die werklike gevare waardeur vroue in die gesig gestaar word, aan te pak en het getoon dat hulle as ‘n verenigde front enigiets kan oorkom.

Reach Out To Others, Macassar-seniors en die Macassar Diabetes-ondersteuningsgroep het Donderdag (7 Augustus) ‘n spesiale geleentheid vir vroue van Macassar in die biblioteek van die Valsbaai Primรชre Skool aangebied. Gaste het ‘n feestelike atmosfeer in die samesyn van ander geniet.
Die Strand-dienssentrum (SDS) het op Vrydag 8 Augustus ook ‘n vroeรซ Vrouedag gevier. Tershia de Wet, ‘n geregistreerde berader en lewens- einde praktisyn asook die eienaar van Holding Space, het die lede van die sentrum toegespreek. Foto: Barend Williams
Family Support Movement het ‘n bederfdag vir die vroue in Broadlands Park, Strand, vir Vrouedag aangebied. By diรฉ geleentheid het die ma’s en oumas van die gebied gepraat oor die struikelblokke wat die Broadlandspark-
gemeenskap in die gesig staar. Die vroue het ook aan verversings soos koffie, tee en koekies, asook middagete, gesmul.
Die Maranatha-sopkombuis het Vrouedag (Saterdag 9 Augustus) gevier deur pasiรซnte en bejaardes in Erijaville, Strand, met iets te ete te voorsien. Vanweรซ Saterdag se reรซn is die sopkombuis vinnig verskuif nadat Esmeralda Toerien haar huis beskikbaar gestel het om te verseker dat die vroue ‘n aangename dag kon hรช. Begunstigdes van die Maranatha-sopkombuis se heerlike middagete en malvapoeding (van links) is Mary Fortuin, Theresa Jaftha, Bessie Lefleur en Elsabรฉ Regina Pieterse. Foto: Barend Williams
Die Kids of Joy-dansgroep het Saterdag ‘n spesiale konsert vir vroue in Broadlandspark aangebied. Bejaardes het ‘n koppie tee en ‘n sny koek geniet voordat die kinders hulle met gospelmusiek aan die dans gehad het. Hier is van die dansers saam met hul geรซerde gaste. Foto: Barend Williams
Sadiqa’s Soup Kitchens het Sondag (10 Augustus) ‘n middagete vir bejaardes van Strand vir Vrouedag aangebied. Gaste is met heerlike Sondagkos en soet lekkernye bederf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article