boomplanting
Lede van die Somerset-Wes Vroue-Landbouvereniging plant ‘n wildeolyfboom in die Helderberg-hospies se Garden of Remembrance op Boomplantdag.

Vroue-Landbouvereniging plant boom by Helderberg-hospies

boomplanting
Lede van die Somerset-Wes Vroue-Landbouvereniging plant ‘n wildeolyfboom in die Helderberg-hospies se Garden of Remembrance op Boomplantdag.

Lede van die Somerset-Wes-tak van die Vroue-Landbouvereniging het op Boomplantdag (Dinsdag 1 September) ‘n besoek aan die Helderberg-hospies gebring om ‘n pragtige wildeolyfboom in die organisasie se Garden of Remembrance te plant.

Die geleentheid is saam met die hospies se vrywilligers gevier, wat elke Dinsdag die tuine versorg. Die tak vergader elke derde Woensdag van die maand, waartydens lede nuwe vaardighede aanleer, aktief by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke raak en interessante gassprekers by hul vergaderings verwelkom.

Kontak gerus die voorsitter, Annie Potgieter, by 082 574 3161 vir nog inligting, of Cheryl Rundle by 021 852 4608 of donate@helderberghospice.org.za om meer uit te vind oor die Helderberg-hospies se Garden of Remembrance.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 30 September 2026
    DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 30 September 2026

Gift this article