’n Matie-hokkiespeler is verlede Woensdagaand (15 Junie) skielik dood nadat sy tydens ’n oefenwedstryd ineengestort het.
Nortje wou nie verder uitbrei oor wat tot Matthews se ineenstorting gelei het nie en sê Maties Sport sal Matthews onthou as “doelgerig” en iemand wat “moeite wou doen om haarself op die hokkieveld te verbeter”.
Dianel Fritz, Matthews se beste vriendin en ’n klasmaat, het aan Eikestadnuus gesê sy was erg ontsteld toe sy die nuus hoor. “Sy het die mooiste siel gehad. Sy het die afgelope paar maande so diep in my hart gekruip dat ek nie kan help om leeg te voel noudat sy weg is nie.”
Matthews het verlede jaar aan die Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch gematrikuleer. Die skool het haar in ’n verklaring as “begaaf met ’n ongelooflike stem, ’n talentvolle musikant en Boland-hokkiespeler” beskryf.



