Hoërskool Strand het verlede Woensdag (23 Februarie) ’n ope dag aangebied en tientalle voornemende “Arende” en hul ouers het ingestroom om meer oor die skool te leer – gemasker en al. Gaste is met yskoue water en heerlike gebraaide wors ontvang, waarna Daniel Malan (skoolhoof) en André Westraat (beheerliggaamvoorsitter) hulle verwelkom het. Ná ’n toer deur die skool en die sportterrein is besoekers huis toe gestuur met ’n “slushie” of koffie, geborg deur Six Weeks Coffee Barista. “Dankie aan elke leerder en ouer wat ons skool se ope dag bygewoon het. Ons sien daarna uit om julle weer te sien saam met almal wat in 2023 deel van ons Arende-familie sal wees,” het Anso Kemp, die skoolbemarker, gesê. Aanlyn aansoeke by die WKOD open op 14 Maart en sluit op 14 April. Bo, by die skool se netbaluitstalling, is (agter, van links) Caila Grunder, Maryke Erasmus en Ashante de Wit. Voor: Avanya Carelse en Kaylen du Toit.Foto’s: Yaseen Gaffar


Voornemende Kuikens en Arende verwelkom

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article