’n Brand wat by ’n informele struktuur in Macassar Village, Macassar, ontstaan het, het vier mense dakloos gelaat. Volgens Jermaine Carelse, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdiens, het die brand verlede Dinsdagoggend (22 Oktober) in Leonard Domanweg uitgebreek. Brandweerspanne van die Macassar- en Somerset-Wes-brandweerstasie het op die voorval reageer. “Brandbestryders het die brand teen 06:30 geblus en die vlamme het net ’n enkele struktuur vernietig,” het Carelse gesê. Geen beserings is aangemeld nie en, volgens Carelse, is die oorsaak van die brand steeds onbekend. Gemeenskapslede beweer egter die informele struktuur is as ’n rookkamer gebruik en die verbranding van ou motorolie was die oorsaak.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article