Aletta Francina de Kock se splinternuwe stand-up-komedie-vertoning, Effens Anders, bied ‘n komiese en eerlike blik op haar huidige lewe โ€“ met al die snaakse, aweregse en downright bizarre dinge wat daarmee saamkom. Soos altyd bring sy haar skerp humorsin en natuurlike aanvoeling vir storievertelling en laat jou met haar unieke uitkyk op die wรชreld skater van die lag. Kom lag saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite in die land โ€“ want met Aletta is niks ooit heeltemal normaal nie… alles is altyd Effens Anders! Die vertoning is om 19:30 op Woensdag 27 Augustus op die planke by The Drama Factory. Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s. Besoek www.dramafactory.co.za vir besprekings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article