Aanskou die mens, ’n orrel-improvisasie en voordrag deur Winand Grundling (regs) en Johann Nel (links), word Sondag 26 Mei om 17:00 by die Helderberg NG kerk aangebied. Grundling, ’n bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis. Nel, ’n geliefde akteur en stemkunstenaar, dra die destydse nuus van elke spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosiebelaaide musiekreis deur ons onlangse geskiedenis, wat ook die orrel se relevantheid as ’n uitsaaier van groot nuusgebeure beklemtoon. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. Aanskou die mens het in Maart vanjaar by die KKNK gedebuteer. Kaartjies, teen R150 elk, kan aanlyn deur Quicket bespreek word, of by die deur gekoop word.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article