Die Vergenoegd Löw-wynlandgoed se Jazz onder die sterre-geleentheid is terug op aanvraag, en kaartjies verkoop vinnig!
Vanjaar se geleentheid, geskeduleer vir Vrydag 15 November, is ’n perfekte begin vir jou somerseisoen vir ontspanne genot saam met familie en vriende. Die vertoning sluit weer die uiters gewilde jazz-ensemble, Moonshine – gelei deur die talentvolle saksofoonspeler Dan Shout – in.
Met ’n credo van “jazz met ’n skop” kan belangstellendes ’n magiese musikale reis verwag wat strek vanaf die Roaring 1920’s en die Swingin’ 1930’s en 1940’s, reg deur tot die klassieke Rock n Roll- en Motown-klanke van die 1950’s en 1960’s.
Dink aan legendariese kunstenaars soos Louis Armstrong, Ella Fitzgerald, Nina Simone, Frank Sinatra, Nat King Cole en Dean Martin, saam met die ruk-en-rol-klanke van onder andere Chuck Berry, Big Joe Turner, Elvis, Ray Charles en Marvin Gaye.
Voeg daarby ’n ongelooflik pragtige en rustige omgewing, heerlike Kaapse erfenis-geïnspireerde kos wat deur die sjef Drikus Brink en sy span van die landgoed se twee restaurante, Geuwels en Clara’s Barn, voorberei is, sowel as ’n verskeidenheid bekroonde wyne deur die plaas se talentvolle jong wynmaker, Vusi Dalicuba.
Al die bestanddele bied ’n betowerende aandjie uit in die wynlande!
Die geleentheid duur van 18:00 tot 22:00 en kos R850 per persoon, wat die musiek, twee glase wyn van jou keuse en ’n fees van heerlike kos insluit.
Wyn sal op die aand ook beskikbaar wees om teen spesiale pryse te koop – onthou dus om voorraad vir die feestyd op te bou.
Bespreek so gou as moontlik, aangesien sitplekke beperk is.
Besoek https://vergenoegd.co.za/ vir meer inligting oor die landgoed, een van Suid-Afrika se oudste werkende plase; https://vergenoegd.co.za/bookings/ om kaartjies te bespreek en https://vergenoegd.co.za/collection/all/ om die verskeidenheid te besigtig en wyne te koop.




