’n Veldbrand op die terrein van Rusthof Sekondêre Skool het Maandag (17 Februarie) na nabygeleë wonings versprei en verskeie strukture beskadig. Die Stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste het volgens die woordvoerder Jermaine Carelse om 11:15 op die noodoproep gereageer. “Brandweerspanne van Strand, Sir Lowry’s Pass en Somerset-Wes, saam met ’n Wildland-intervensiespan, het op die toneel gereageer, wat net langs Broadlands-weg geleë is. Die brand, wat aanvanklik tot plantegroei beperk was, het na aangrensende eiendomme versprei en drie informele strukture en een formele woning gedeeltelik beskadig,” het hy gesê. Die brand is om 13:40 geblus. Twee van die drie informele strukture het ernstige skade opgedoen, wat die verplasing van een slagoffer tot gevolg gehad het. Gelukkig is geen beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die brand word tans ondersoek.Foto: Yaseen Gaffar


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article