AfriForum se Strand-buurtwag het Sondag 24 Maart in samewerking met verskeie veiligheidsmaatskappye die Fairview-gholflandgoed gepatrolleer nadat dié landgoed die afgelope paar weke onder huisbrake deurgeloop het. AM Security, ADT, Night Guard Security en lede van Fairview-gholflandgoed se huiseienaarsvereniging het ook patrollie gery. ’n Veiligheidsvergadering het op Dinsdag 26 Maart gevolg in samewerking met AfriForum se Strand-buurtwag, ADT, United Independent Movement (UIM), Strand Patrol, Strand Neighbourhood Watch en inwoners van die Twin Palm-gebied. Die tema van die vergadering was “Die pad vorentoe”, waartydens besprekings gehou is oor hoe om meer gemeenskapslede by die buurtwagte betrokke te kry, die moontlikheid om kameras by sleutelpunte aan te bring en meer aktiewe en doeltreffender patrolliewerk te doen. “Dit is duidelik dat gemeenskapslede al hoe meer bewus raak van die misdaadprobleem in hul onderskeie gebiede en besluit het om self iets daaraan te doen. Een van AfriForum se doelwitte is om die gemeenskap op te lei, toe te rus en te mobiliseer om selfstandig te wees en sodoende hul eie gebiede te versterk en te verbeter,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland. Belangstellendes wat ’n


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article