Bennie Louw is die topleerder by Hoërskool Valsbaai. Hy het onderskeidings vir Engels eerste addisionele taal en toerisme verower. Foto:


Hoërskool Valsbaai se matriekklas van 2020 het vir die 16de agtereenvolgende jaar ’n 100%-slaagsyfer gelewer.

Volgens die skoolhoof, Herman Janse van Rensburg, het elke kandidaat tydens die eindeksamen hul gemiddelde punte verhoog, met 75% wat toegang tot ’n Baccalaureus-graadkursus behaal en 25% tot ’n diplomakursus. Nicole Gladden het die meeste verbetering getoon deur haar gemiddelde punt met 13% te verbeter, gevolg deur Bennie Louw (10%), Anila von Vollenstein (9%) en Joel Finnie (8%).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article