Rico Thiart (links) en Marcél van Geems, leerders aan die Hoërskool Strand, het aan die visuele kunsafdeling van die Helderberg-eisteddfod deelgeneem. Rico het ’n cum laude-prys vir sy houtskool en potloodtekening ontvang, sowel as goudplus-sertifikaat vir sy skildery. Hy is ook aangewys as die beste presteerder in gr. 11. Marcél (gr. 11) het ook ’n cum laude-sertifikaat vir sy uitstaande potloodtekening ontvang en goud vir sy skildery.


Uitstaande kunswerke bring goud in hul sak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article