Die Tygerberg Kinderkoor wapper die land se vlag as die tweede beste koor ter wêreld!

Credit: SYSTEM

Die Tygerberg Kinderkoor is aangewys as die wenner van die koorafdeling by die 2023 Interkultuur-kompetisie in Hull, die Verenigde Koninkryk.

Die koor het ook tweede gekom in die kategorie “Sacred Choral Music A’ Cappella” en verder twee goue diplomas verwerf.

Die jongste toekennings beteken dat die Tygerberg Kinderkoor nou tweede op die wêreldranglysvir volwasse en kinderkore.

Sewe-en-twintig kore vanuit tien lande het aan vanjaar se koorkompetisie deelgeneem, met die Tygerberg Kinderkoor wat die enigste een uit Afrika was.

Die LUR van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, het die Tygerberg Kinderkoor (TCC) gelukgewens met hul sukses.

Marais het gesê: “Die Wes-Kaap is so trots op hierdie koor vir hul ongelooflike prestasie en vir hoe hulle die provinsie op ‘n internasionale verhoog verteenwoordig het. Hulle is voorbeelde vir die jeug in ons land, wat gewys het hoe ver harde werk, vasberadenheid en passie vir jou kuns jou kan neem. Ons sal hulle al die pad ondersteun terwyl hulle voorberei om aan die Wêreldspele in 2024 deel te neem. Ek bedank hulle dat hulle hoop en vreugde aan die jeug van ons provinsie gebring het.”

Die koor doen voorbereiding vir volgende jaar se Hull Internasionale Koorkompetisie in Spanje. Die koor bestaan tans uit 82 kinders tussen 10 en 15 jaar oud van plekke oor die Wes-Kaap heen soos Hermanus, Wellington, Paarl, Melkbosstrand en die suidelike en noordelike voorstede en is opsoek na talent in die Helderberg-streek. Oudisies sal vroeg in 2024 plaasvind. Hou die Tygerberg Kinderkoor se blad dop vir datums. Twee plaaslike leerders in die Helderberg-kom is onlangs in die koor opgeneem en blink uit as ywerige lede met bobaas sangtalent. Hulle is Gordonsbaai Primêre Skool se Delnay Terblanche en De Hoop Primêre Skool se Ziya Richter.

Die koor keer vandeesmaand terug met hul eerste Kerskonserte sedert 2019 in die Endlersaal in Stellenbosch. Dit is die koor se 50ste bestaansjaar, wat met hul bekende Kerskonserte afgesluit word op Saterdag 25 November om 15:00, Sondag 26 November om 16:00 en Sondag 3 Desember om 16:00. Kaartjies is beskikbaar aanlyn by Quicket of 082 875 2777.

Helderberg-sangvoëls Delnay Terblanche en Ziya Richter blink uit as talentvolle lede van die koor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article