François Loots se nuutste historiese roman is vanaf 30 Mei op boekrakke beskikbaar.
François Loots se nuutste boek, ‘n historiese roman, is Vrydag 30 Mei op boekrakke beskikbaar.

‘n Splinternuwe historiese roman van Human & Rousseau beloof om lesers te betower met sy prentjiemooi voorblad en hulle mee te sleur na die Overberge van die vroeë agtienhonderds. Twyfelbos, deur die fyn stilis en puik navorser François Loots, is van Vrydag 30 Mei af by boekwinkels.

Twyfelbos is ’n meesleurende roman wat afspeel in die Overberg van die vroeë 1800’s.
Twyfelbos is ’n meesleurende geskiedkundige roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Puik nagevors en geskryf deur ’n fyn stilis.

Dis 1829 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is met die regter Johannes Truter getroud. Maar dis Engelse tye en hy word nou as Sir John aangespreek. Sophia het ‘n afkeer aan die Kaap se vertoonsug en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein – op ‘n lappie grond, Overberg, anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormanne. Kort ná haar aankoms daag Mandel op, ‘n vryloper wat doer ver by Kicherer se sendingstasie Sakrivier gedoop is. By jong vroue soos Sterretjie, wat naby Gansgat tent opgeslaan het, kry Sophia malgasvere en ghwano vir haar groenteakkers. Algaande vind Sophia haar voete en ‘n boervrou van oorkant die Akkedisberg kom ook inloer. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die berg vermoor.

Jan Tesselaar, die nuwe veldkornet, moet die skuldige opspoor.

François Loots se nuutste historiese roman is vanaf 30 Mei op boekrakke beskikbaar.
François Loots se nuutste boek, ‘n historiese roman, is Vrydag 30 Mei op boekrakke beskikbaar.

Loots is in Prieska gebore en het in die Karoo grootgeword. Hy het al in China en Brasilië gewoon, maar dit was op die Siberiese platteland waar hy die eerste keer met ” ‘n ander soort moraliteit” te doen gekry het.

“Ek moes my Suid-Afrikaanse stel waardes by die huis los, want in Rusland is ‘n leuen nie noodwendig ‘n slegte ding nie,”

François Loots

Waar hy “drie dae met die trein van Moskou af by die laaste groot stop voor Kazakstan” Duits en Engels by ‘n taalinstituut onderrig het, was Loots se lewe soos ‘n draaiboek: “Jy klim in ‘n karakter wanneer jy by die deur uitstap en wanneer jy vanaand by die huis kom, is jy weer jouself,” sê hy. “Dis soos die outydse Wilde Weste; jy kan nie alleen rondloop nie en jy moet heeltyd oor jou skouer kyk.”

Loots sê die Russe “volg nie Westerse reëls nie” en hierdie “fantastiese vryheid”; die glibberige grens tussen verbeelding en realiteit, het hom gehelp fiksie skryf.

Tog sê hy oor Sophia Truter en Twyfelbos: “In Rusland sou ek in die tronk beland het vir hierdie roman …”

’n Bekendstelling word Dinsdag 3 Junie by Strand-biblioteek gehou en Jeremy Vearey sal die gesprek lei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article