Toutrekkers van die Hoërskool Strand het Saterdag 10 April aan die WP/Wynland-junior toutrekkampioenskap by die Helderberg-toutrekklub deelgeneem en skitterende prestasies gelewer. Die Arende het in twee van die internasionale gewigsklasse medaljes gewen met die meisies 480 kg-span wat ’n welverdiende silwermedalje verower het en die 560 kg-seunspan wat met ’n kragvertoning ’n bronsmedalje gewen het. Dié span sal ook Donderdag 22 en Vrydag 23 April die WP by die komende SA junior toutrekkampioenskap in Riversdal verteenwoordig. Die skool se 440 kg-meisiespan het ook daarin geslaag om ’n bronsmedalje en WP-kleure te verower. Die skool se WP-toutrekkers is agter Zack Barnard, Francois Uys, Durand van Deventer, Hanré van Niekerk en Brendon van Rooyen. Middel is Clint Williams, Misha Goosen, Blaze Bosch en Louie Smit. Voor is Tiffany de Witt, Melissa de Witt, Anése Groenewald, Dominique Shepherd, Izett Oberholzer en Mia Meyer. Mario Newton en Melizza van der Merwe was afwesig toe die foto geneem is.


Toutrekkers wys hul krag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article