Altesaam 12 leerders van Hoërskool Strand en twee onderwysers verruil van 14 September tot 6 Oktober Suid-Afrika vir Europa vir die 18de kulturele uitreik na die Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied dié groep gr. 10-leerders die geleentheid om hul horisonne te verbreed en vriendskappe oor vastelande te bou. Die toergroep sal Londen, Brussels, Brugge, Gent, Ieper en nog baie ander besienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om ’n nag in Parys te oornag en ’n draai by Euro-Disney te maak. Die Belge kom op hul beurt in Februarie 2020 Suid-Afrika toe. Die toergroep is agter Simeon Momberg, CJ Smit en Tristan Nel. Middel is Kelly Botha, Jalize Herbst, Ansunet Bause en Ian Ter Haar. Voor is Juliana Kotzé (onderwyser), Mienke Kleinhans, Melissa Breedt, Marli Botha, Danée Pfaff, Amore Rossouw en Lynette Wolff (onderwyser).


Toer na Europa

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article