Hoërskool Parel Vallei het in die laaste week van die eerste kwartaal sy sport- en kultuur-uitblinkers tydens die Kweek-weekbyeenkoms vereer. Die volgende leerders het erekleure vir hul prestasies in sport en kultuur ontvang. Agter is Leana Solomon (halfkleure, tennis), Anya Marx (volkleure, drama), Paul Strydom (senior victor ludorum), Ian Thom (halfkleure, tennis), Christian Kotzé (drama-toekenning), Kyle Kirstein (Suid-Afrika o.17-hokkieprys) en Christopher Gouws (volkleure, atletiek, kwalifiseer vir nasionale kampioenskap). In die middel is Lanah Nel (senior victrix ludorum), Lerize de Villiers (halfkleure, tennis), Tatjana Frauenknecht (volkleure, drama), Jayden Daniels (atletiek, kwalifiseer vir nasionale kampioenskap), Michaela Horn (volkleure, atletiek, kwalifiseer vir nasionale kampioenskap) en Courtney Jenniker (atletiek, kwalifiseer vir nasionale kampioenskap). Voor is Marietjie Cilliers (volkleure, atletiek, kwalifiseer vir nasionale kampioenskap), Christo Cilliers (halfkleure, Westelike Provinsie-tennis), Jamial Johnson (junior victor ludorum), Lizaan Slabbert (junior victrix ludorum) en Carla Erasmus (drama-prys).


Toekennings vir PV-uitblinkers

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article