Western Cape Lubricants het Vrydag 2 September die pre-primêre skool Klein Lochieland met ’n groot Amerikaanse monsterbakkie verras.
Die leerders het op die sportveld op die groot bakkie gesit en wag en was omtrent verbaas toe die voertuig met sy massiewe wiele opdaag en net-net by die skool se hek ingepas het.
Ziegfriedt Loots, die stigter en eienaar van Western Cape Lubricants, het die monster-bakkie, wat as Titan bekendstaan, in 1999 begin bou. Nou, 23 jaar later, het die span van Western Cape Lubricants besluit om vir hom ’n nuwe T-hemp aan te trek.
Titan, nou bekend as Titan Big Foot, het met sy nuwe voorkoms by Klein Lochieland gaan spog. Die maatskappy se hoofbestuurder, Alphonso Loots, het gretige kinders en onderwysers met ’n rit in Titan Big Foot om die skool se A-rugbyveld bederf.
Western Cape Lubricants het ’n kolwyntjie met Titan Big Foot op en ’n sappie aan elk uitgedeel. Die dag was vol opgewondenheid met die kinders se vrolike gesiggies en geselsies wat vir die Western Cape Lubricants-span as bewys gedien het dat die besoek ’n reusesukses was.
Titan Big Foot en Western Cape Lubricants het elkeen by Klein Lochieland bedank vir ’n heerlike oggend saam met hulle.
Western Cape Lubricants is ’n onafhanklike groothandel-oliediensverskaffer van wêreldwye bekende minerale-, sintetiese, plantgebaseerde, hidrouliese en voedselgraad-smeermiddelhandelsmerke vir alle toepassings, en is al 28 jaar ’n gevestigde onderneming in die Strand.
Hulle strewe om met integriteit, eerlikheid, flink diens en tegniese bystand waarde vir elke klant te bied. Dit is ’n gedugte span en elkeen lewer ’n integrale deel en almal is deel van die groter prentjie. Kontak Western Cape Lubricants by 021 854 4808 of besoek hulle op die hoek van Potgieter- en Gerber Boulevard in Gants Centre vir ’n volledige, gratis ontleding van al jou smeermiddel-behoeftes.




