Die o.19-tennisspelers van Hoërskool Strand het die afgelope naweek in Bredasdorp, Struisbaai en Napier gekuier as deel van ’n jaarlikse toer. Ruan Louw, Charl Morkel, CJ Smit, Chris-Jan van Zanten, Ebert Wessels, Christian de Jager, Ané Braasch, Uné Benade, Hanlie Huisman, Justine Matthews en Elrika van der Westhuizen het die toer onderneem en fantastiese tennis gespeel. Wedstryde is gespeel teen: Hoërskool Swartland (wen 34-15), Hoërskool Bellville (verloor 17-32), Augsburg-landbougimnasium (wen 33-16), Hoërskool Bredasdorp (wen 33-16), Langenhoven Gimnasium (verloor 12-37). Die skool se nommereen-seunspaar, Ruan Louw en Charl Morkel, het drie van hul vyf wedstryde gewen, die meisies dubbelspare van Ané Braasch en Uné Benade en Hanli Huisman en Justine Matthews het elk drie uit vyf wedstryde gewen, die beste gemengde paar was Christian de Jager en Justine Matthews wat al vyf hul wedstryde gewen het. Die skool se spelers van die toernooi is Charl Morkel, Christian de Jager en Justine Matthews.


Tennisspelers presteer uitstekend

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article