DistriksPos & Helderberg Gazette sal aanstaande Vrydag (27 Oktober) sy eerste elektroniese nuusbrief van stapel stuur – ’n nuwe manier om ons lesers in te lig.
Die nuusbrief propvol lekkerlees-stories oor leefstyl-, vermaak- en kuns-nuus uit die Helderbergkom sal elke Vrydagoggend per e-pos versprei word en bied lesers ’n blik op geleenthede en nuusmakers in ons verspreidingsgebied.
Die nuusbrief deel onder meer bruikbare wenke, foto’s van dié streek, raad, kompetisies, weggee-geleenthede, ’n dagboek met die fokus op lekker doendinge en ’n resep so nou en dan. Dit bied lesers verskeidenheid in bekendheid en is ’n inligtingfees.
V Teken gerus in op dié nuusbrief vir lesers en adverteerders deur die skakel op DistriksPos & Helderberg Gazette se Facebook-blad te volg.

