Teddiedag by Gloria Botha Skool in Somerset-Wes verlede Vrydag (13 Mei) het groot opgewondenheid opgelewer! Lede van die plaaslike Christelike Motorfietsvereniging (CMA) en Riding for the Son Helderberg-motorfietsryers het saam met Halli Trust, ’n organisasie sonder winsoogmerk, 43 teddiebeertjies uitgedeel om die leerders van dié skool se harte op te helder. Halli Trust se gelukbringer, Halli, is in ’n motorfietskonvooi na die skool in Victoriapark begelei, waar pastoor Kobus Massyn van die AGS kerk Pinksterpark ’n opvoedkundige teddiebeer-storie vertel het. Benoeg teddiebere het oorgebly om van die personeel van die Gloria Botha Skool ook te bederf.


Teddiebere steel kinderhartjies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article