Die Huis Pam Brink-inwoner Ester Hofmeyr het verlede Donderdag (22 September) die goue ouderdom van 105 jaar gevier. Dié bejaarde is Saterdag (24 September) met ’n partytjie by die Strand-tehuis in Myburghstraat verras en die geleentheid gebied om hierdie mylpaal, wat nie vir almal beskore is nie, saam met geliefdes te vier. Ester is vreedsaam en saggeaard en skryf haar lang lewensvreugde aan die Here se genade en liefde toe. “Tannie Ester” is op 22 September 1917 in Griekwaland-Wes gebore en koester soete herinneringe van haar grootwordjare op die plaas – veral die suiwer plesier van kaalvoetloop en die plaaslewe. Sy meen sy is met soveel goeie dae geseën – te veel om te onderskei wat die beste nog is. Sy het in haar leeftyd baie interessante en goeie dinge beleef. Haar lewe, hart en gedagtes is vol.Foto’s: Jamey Gordon


Bo is die grasieuse verjaardagmeisie saam met haar kostelike agterkleinkind, Nina Haasbroek, wat in 2017 – ’n hele 100 jaar ná haar oumagrootjie – gebore is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article